Soetgoed

Marlene van der Westhuizen

In Soetgoed bring Marlene van der Westhuizen bekende Kaapse staatmakers en heerlike ouwêreldse smake uit die Franse platteland bymekaar. Die boek bevat net meer as 60 resepte vir nagereg wat ingedeel is volgens die seisoene.

Hou die familie gelukkig met Griet se neuterige piesangbrood en Ouma Mollie se lemoenpoeding, of beïndruk jou vriende met sjampanjejellie met bessies of pistachio-koek en Noble Late Harvest. Proe ’n stewige skeut Frankryk in geregte soos Blinis aux Jardins des Thévenets en die flambojante Soufflé Grand Marnier. Die resepte is maklik om te volg, maar sal jou soos ’n professionele sjef laat voel.

Met dié boek op jou rak sal jy nie sommer weer winkel toe hoef te hardloop vir nagereg nie.

Oor die outeur
Marlene van der Westhuizen is die skrywer van verskeie suksesvolle kookboeke soos Sumptuous, Delectable, asook Lazy Lunches en Decadent Dinners. Sy is ’n sjef en die eienaar van die Food Studio in Groenpunt. Haar kookklasse by Food Studio en by haar huis in die Franse dorpie Charroux is besonder gewild. Sy is ook Vice-Conseiller Culinaire Honoraire van die Wes-Kaapse tak van die internasionale kulinêre vereniging Chaine des Rotisseurs.

Uitgewer: Human & Rousseau / Bookstorm
Prys: R140,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.