Video: Jaco Wolmarans gesels oor ‘Ivoor’

Jaco Wolmarans

Geheimsinnige oorsese betalings aan weeskinders van die Bosoorlog … Dit lyk soos die werk van die ou SAW se koverte intelligensiegroep. Tex Texeira se aandag is verdeel tussen dié saak en die selfmoord van die Engelsman, ʼn medesoldaat wat uit gewetensbeswaardheid nooit aan ʼn vuurwapen gevat het nie. Dan kom ʼn verdere element by: Die ivoor-smokkelnetwerk wat Tex en sy makker Carlos destyds saam met die Engelsman in Angola help oopvlek het.

Jaco Wolmarans is die skrywer van Ivoor wat pas by NB-Uitgewers verskyn het. Wolmarans is ʼn vryskut-videovervaardiger, -fotograaf en -kopieskrywer. Van sy vorige boeke wat ook by dié uitgewer verskyn het, sluit in Bos (2019) en Skag (2020). Wolmarans woon in Milnerton.

Ivoor kos R220 (prys onderworpe aan verandering) en lesers kan hier klik om die boek aanlyn te koop.

Jonathan Amid het met Jaco Wolmarans oor sy roman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.