Wen: Liza Roux wil liefde vir natuur by jong lesers kweek

Liza M Roux (Foto: Country Living in South Africa)

“Wildtuinvakansies is van my gunstelingherinneringe aan kleintyd,” vertel Liza M Roux, skrywer van Ons gaan Krugerwildtuin toe. “Ek wou daarom graag my en soveel ander wildtuinreisigers se liefde vir die park in ʼn storieboek omskep.

“Krugerwildtuin-liefhebbers sal beslis kan identifiseer met al die lekkertes wat deel van die hele Kruger-ervaring is,” meen Roux. Die verhaal fokus nie net op die besoek nie, maar sluit ook die inpak, beplanning en reis na die park in.

Ons gaan Krugerwildtuin toe se onderliggende temas fokus op natuurbewaring en ander relevante onderwerpe soos die ekostelsel en die belangrikheid van ʼn groter natuurbewustheid.

Die kleurvolle illustrasies is deur Alex van Houwelingen, ʼn bekroonde illustreerder, gedoen. Dit is ideaal vir klein kinders en beginnerlesers, maar wildtuinliefhebbers sal dit net so geniet om die storieboek te lees.

“Ouers sal dit geniet om die boekie saam met hulle kinders te lees en terug te dink aan hul wildtuinherinneringe,” vertel Roux. “Dit kan ook gebruik word om kinders voor te berei vir ʼn vakansie in die Krugerwildtuin.”

Oor die outeur

Roux het haar nasionale diploma in Ekotoerismebestuur aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie behaal en het sedertdien by ʼn eko-veldskool in Modimolle en ʼn plattelandse gastehuis in Hoedspruit gewerk. Sy en haar man het voorheen ʼn wildsplaas in die Oos-Vrystaat bestuur, maar werk tans in die Govuro-distrik in Mosambiek. Roux is gebore met ʼn passie vir die natuur en -bewaring.

Roux bestuur ook haar eie blog, Country Living in South Africa. Sy skryf oor die buitelewe, volhoubaarheid, ekotoerisme en die plattelandse leefstyl.

Oor die verhaal

In Ons gaan Krugerwildtuin toe word die storie vertel van ʼn gesin wat in die Nasionale Krugerwildtuin vakansie gaan hou. Tradisies en bekende bakens in die wildtuin word uitstekend in kleurvolle illustrasies vasgevang. Die storie bevat natuurbewaringsboodskappe wat ʼn liefde vir die natuur by jong lesers kweek. Ouers én kinders sal die boek saam geniet en hul wildtuinherinneringe tuis kan herleef.

Vir ʼn volledige lys van verskaffers besoek haar blog.

Uitgewer: Liza M Roux
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Wen

Vier lesers staan elk die kans om ʼn kopie van die kinderboek Ons gaan Krugerwildtuin toe deur Liza M Roux te wen.

Al wat jy moet doen om vir ʼn gelukkige trekking in aanmerking te kom, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te sleutel en die eenvoudige vraag te beantwoord.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 12 Desember 2019 om 23:45.

  • En die wenner is: Baie geluk aan Yolandi Du Rand, Cora Lubbe, Alene Morkel en Lana Kriel wat elk ‘n kopie van Ons gaan Krugerwildtuin toe gewen het.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Slegs drie inskrywings word per deelnemer toegelaat.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal op 13 Desember plaasvind, waarna die wenners per e-pos gekontak sal word.
  • Indien enige van die betrokke persone nie binne 48 uur reageer nie, sal ʼn volgende wenner aangewys word en die oorspronklike wenner sal die prys verbeur.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op sosiale media en op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse word per koerier versend.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Elke deelnemer kan slegs één van die boeke wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Liaan Lategan ·

Defnetief een van my seuntjie se gunsteling boeke! As jy nie die kompetiesie wen nie, koop die boek vir jou kinders, dit is regtig die moeite werd!

Tanya de Vente-Bijker ·

My kinders is gek oor die boekie. Ons lees dit voor, tydens en na ‘n vakansie in die Wildtuin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.