Alkohol – ‘n goeie preserveermiddel, behalwe vir waardigheid; ‘n voedingsmiddel wat jou laat kronkel as die pad reguit is, en jou laat reguit ry as die pad kronkel.
Antiekwinkel – ‘n plek waar iemand eergister se lendelam meubels teen oormôre se stewige pryse aan jou verkoop
Argument – ‘n eindelose redenasie met twee kante: myne en die verkeerde
Oorspronklik gepubliseer in die boek, Kwinksinnig: Taalskertse deur Johan Combrink en geïllustreer deur Piet Grobler.
Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers, 1998