Gedig: Anna

Argieffoto

Argieffoto

TT Cloete (Geb. 1924)

In die ryping van ons jeug
het ons mekaar met die Prediker verheug.
En nou al meer en meer vel en been sonder
vleis is ons saamhoort ‘n groeiende wonder.

Baie van die rypword het ek vandag
vergeet en ons smoorverlief se smoor
is lankal oor en baie van ons saamlag,
maar ek het nog fragmente daarvan oor
in my onthou. Ons het saam in ‘n helder son
in a somer sesoun, whan softe was the sonne
in Brugge geloop. Ek onthou die carillon,
Gezelle se huis, gragte met swane
en Villon en Carcassonne
en ‘n mooi skildery van ‘n courtisane
in die Louvre, maar van alle onthou
van my en van jou onthou ek jou
helder langs my, in profiel langs my
oral uit die wit lig van my land gesny.

Daar is jy in ‘n fyn helder omtrek
dit in die helderste helder hou ek
teenaan my.

Ek herken jou voetstap in ‘n besige straat
in ons dorp van baie ver. Die beste het gebly.
Ek hoor jou stem sonder dat jy praat.

Kyk ek sonder jou, is daar skille
oor my diep oogkasse, ek
kyk sonder pupille.
Ek soek jou omtrek om my getrek,
ek soek jou in die appel van my oog.

Kyk ek na die melkweg, in die gras,
in die water, na die boog
van die aarde, altyd iewers is jy ingepas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Jo ·

Ai, Prof Theunis, jy inspireer keer op keer. Jou en Anna se liefde sal altyd ‘n inspirasie bly. Dankie. Jo

Riana de Beer ·

Ek het hierdie gedig voorgelees op my dogter se kombuistee in 2014. Dit ontroer my telkens as ek die gedig lees en weet: dit is soos die liefde moet lyk en klink

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.