Gedig: die hemel ruik na vetkoek

Argieffoto (Foto: Duncan Kidd/Unsplash)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“die hemel ruik na vetkoek” deur Susanne Pike

ek sien jou kneukels kunstig
knie en vou
knie en vou
meelstreep oor die wang
oë veraf vol verlang

onder ʼn groen-maroen doek
swel suurdeegboude bol
op die blinkgit AGA sis en spetter
ʼn swart platboompot
en wolke geur
kom lê die voorhuis vol

ek weet in die hemel
met jou bloublomvoorskoot aan
bak jy vetkoek, ma
onthou tog net om een
te smeer met jêm

en  gee dit vir ons pa.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.