Sheila Cussons (1922 – 2004)
Die swart kombuis het balke
die mure is berook
in ʼn groot gekraakte erdebeker
woon dags die nagskof-spook
die swart kombuis het luike
skeefgesak en toegesluit
aartappels lê die werf rond
skedels wat loop oog uit
die vensters het geen uitsig
die werf die lug het geflou
die grond is vaal puimpoeier
die aartappels is grou
geen mens beweeg hier binne
geen mens werk op die werf
êrens tussen middag en skemer
het die aarde se lug gesterf
ʼn middag hoe lank gelede
die swart kombuis is oud
daar wás nooit somer-sonlig
die swart kombuis is koud
daar hang ʼn snaakse skottel
met ʼn riffel-hingsel aan ʼn riffel-rand
en ondertoe twee gate
wat loer aan die een kant
het hekse hier gebak en brou
die swart kombuis die swyg
daar in die hoek lê ʼn kat-skelet
die swart geheim bly dig
Hier is beslis n psigiese kraak.
Voor jy sinlose aanmerkings maak – Me Cussons het heirdie geskryf nadat sy erge brandwonde in haar gesig ens opgedoen het agv ‘n gasontploffing in haar kombuis
@HEVW – jy het geen idee waarvan jy praat nie.
My dogter het toevallig nou in die eksamen vir drama dié stuk voorgedra en die onderwyseres was so beïndruk dat my dogter dit weer by ‘n kunstefees in die 3de kwartaal moet gaan voordra. Dis ‘n baie diep stuk waarna mens baie aandagtig moet luister.