Gedig: enige ondernemer wat sy sout werd is, weet

begrafnis-dood-doodskis

Argieffoto (Foto: Carolynabooth/Pixabay) 

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“enige ondernemer wat sy sout werd is, weet” deur Louis Philip Muller     

as ons huil by die graf, huil ons
oor tyd. Hoe dit is met tyd
en hoe dit is daarsonder.
dit is die graf se wonder.

 

dit laat ons huil want ons kan nie vergeet nie

 

en ons huil want ons weet ons kan niks onthou

 

van die grond wat ons bind en ontbind nie
net die warm asem tussentyds

die gedeponeerde snik.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.