Gedig: Koeloekoeloe sê kalkoen se kind

Argieffoto (Foto: Tracey O’Brien/Pixabay)

Boerneef (I.W. van der Merwe) (1897 – 1967)

Koeloekoeloe sê kalkoen se kind
en hy zirts met die vlerk en hy ziiiirts
rooiblou belle teen die westewind
ghirts met sy vlerk om die wyfies ghiiiirts
kyk net daar na die meul se rat
daars die buitenste rat en die kammerat
kyk dan daar na die blok na die blok
dis die byl en die blok
dis die kap op die blok
dis die rat wat draai
en die steen wat maal
ek kyk na jou belle teen die westewind
ek kyk na die blok en die rat wat draai
maar kyk weg van die steen wat maal en maal
jy weet niks van die blok en die byl en die kap
en die steen wat maal en die rat wat draai
jy spog met jou belle teen die westewind
en ghirts met jou vlerk om die wyfies ghiiiirts
en koeloe met jou koeloe jou kalkoen se kind

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.