Gedig: NAMIBVREDE

(Foto: Sergi Ferrete/Unsplash)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“NAMIBVREDE” deur Johann Muller      

As my dae te veel word
en my rondrol-nagte lank
As die sorge van die lewe
my angsbevange voorkeer
As my hartklop dringend
teen my ribbebene beur
En die wanhoopswolwe
al my lewensvreugde steel

Dan soek ek na die ooptes
van die Namib uitgestrek
Dan wil ek hout van vrede
heelnag lank deur brand
Dan wil ek saggies stil raak
en luister na die sterrekoor
As die donker om my kringtrek
dan praat ons … net U en ek alleen

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.