Gedig: Ons weet net van duiwe

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Daniel Hugo (Geb. 1955)

ons weet net van duiwe wanneer
hulle gekoer glashelder in die stilte klink
maar waar hulle skuil as die donderweer woed
weet ons nie
tot een skoongewaste môre ons skerwe
kuiken onder ʼn boom sien blink:
dan gee die dood onweer-
spreekbare bewys van die lewe

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

OWO ·

Mooi gedig.Ons weet eintlik niks van duiwe af nie.
Beurend,swewend,immer voort,
Geveerde vriende soos dit hoort,
Tuis verwagting met waardering,
Getroue pogings,geringe vererings.
Wind,reen,valleie,berghange,
Geveerde vriende dit jul adelgange.
Geleen uit,”Super Era”deur Erwee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.