Gedig: Populiere

populierboom-stiltetyd.jpg

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“Populiere” deur Hannes Visser      

Populiere

in jou winter het jy gevra
dat ons jou bed moet draai
jy wou die populiere sien
voor hulle winter kom

jy het julle stories vir ons vertel
van saam grootword en onder hulle
speel en verlief raak en trou
terwyl hulle blare op julle reën

ons het jou bed tot by die venster gestoot
en soggens die gordyne vroeg oopgetrek
sodat jy met jou populiere kon praat
en vir oulaas kyk hoe hulle verkleur

en toe die blare in oker en oranje
hulle reis grond toe begin het jy
jou oë toegemaak en saam af en affer
afgeval om jou nuwe seisoen te begin.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.