Gedig: Tussen eenvoudige letters

liefde-hart-strand-sonsondergangs-voetspore

Foto: Pixabay/Pexels.com

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 18 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“Tussen eenvoudige letters” deur Adri Roothman Buys       

Ek skryf ʼn kleine bietjie
net ʼn druppeltjie ink
op ʼn groot wit papier
sommer net ’n paar ou reëltjies
want in platvloerse taal
is ek wel bevoegd
om te sê hoe baie ek jou mis
maar die hogere tale los ek vir die boeke
eenvoud leef mos hier tussen my en jou

ek en jy
mense van die grond
ons hou van voet op gruis neersit
so hier my dierbare oue
kan ek maar net pleinweg vir jou sê
hoe baie ek jou mis
sommer net so kaalvoet
dit hoef nie fancy te wees

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.