Gee jou kind ʼn hupstoot met gratis leerhulp in Afrikaans

(Foto: Unsplas/Thomas Park)

In dié holderstebolder skooljaar waar leerders sover meestal aanlyn klas bygewoon het en ouers tuis moes bontstaan om met huiswerk te help, is aanvullende leerhulp dalk nie te versmaai nie.

Afrikaans.com se leerhulpafdeling rus leerders, ouers en onderwysers toe met nuttige inligting en hulpbronne wat praktiese ondersteuning bied.

Met die klik van jou muis kry jy toegang tot hope aktiwiteite, flitskaarte, klas- en studiegidse, luistertoetse en taal- en leesoefeninge wat geskik is vir grondslagfase-, laer- en hoërskoolleerders. Die materiaal is aanlyn op Afrikaans.com se webwerf beskikbaar en kan gratis afgelaai word.

In die jongste advertensieveldtog wys Afrikaans.com vir jou presies hoe maklik en vinnig dit is om toegang tot die inhoud te kry. Ure se internetsoektogte wat min resultate oplewer sal vinnig vervang word met produktiewe leertyd.

Twyfel jy nog of Afrikaans.com se leerhulp die antwoord op jou vrae is? Dié advertensie mag jou dalk anders laat dink:

Met dié advertensieveldtog vier Afrikaans.com ʼn taal waarin jy uit jou maag uit kan lag, waarin jy kan leef en waarin jy sommer net kan wees. Hou die organisasie se sosialemediaplatforms dop of besoek die leer- en onderrigblad op hulle webwerf om op hoogte te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.