Groot pryse te wen in FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo

(Foto verskaf deur die FAK)

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Internasionale Afrikaans-Ekspo het al hope inskrywings, maar daar is nog steeds tyd om jou projek in te skryf.

Groot pryse kan gewen word! Die skool met die meeste inskrywings staan die kans om R10 000 te wen. Algehele wenners van gr. R tot 3, asook van gr. 4 tot 7 wen R1 000.

Diegene van gr. 8 tot 9 en 10 tot 12 sal R1 500 wen as hulle die tema die beste beskryf, geteken, geskilder, die beste foto geneem of die beste voordrag gelewer het. In die ope afdeling kan deelnemers R2 000 wen.

Maak seker jy skryf in voor die sluitingsdatum op 29 Julie.

Met ’n lekker tema soos “skepe” kan die verbeelding vrye teuels gegee word en kreatiwiteit behoorlik ingespan word om dié tema ten toon te stel.

Dit sluit enige iets in wat verwant is aan skepe, soos die anker, seile en selfs die kraaines kan as inspirasie dien. Loer ook gerus na verwante woorde soos skeepvaart, handelsvloot, skeepvaartbedryf, seehandel, seevervoer en bote.

Verskeie kategorieë is beskikbaar vir die jong Afrikaanse skilder, digter, akteur, sanger, fotograaf of skrywer om sy of haar talente vleuels te gee en vir die wêreld te wys, want in dié jaar se kompetisie word die publiek se hulp ingeroep om te help besluit wie die wenners is!

Hierdie kompetisie is vir enige iemand in die wêreld vanaf graad R tot en met die ouderdom van 25 wat ’n liefde vir Afrikaans koester.

Kaptein, span die seile, want hiérdie kompetisie gaan een vir die boeke wees!

Waarvoor wag jy? Skryf sommer vandag in! Besoek gerus https://projekte.co.za/ekspo/ vir meer inligting.

Alle inskrywings, behalwe die kunswerke, moet aanlyn ingeskryf word. Kunswerke moet per hand by die FAK-kantoor by die Voortrekkermonument in Pretoria ingedien word.

Klik hier om die handleiding te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.