Allerhande uitdrukkings oor lag

Uitdrukking:
Van lekker lag kom lekker huil.
Betekenis:
(as waarskuwing by baldadige pret) Oordrewe pret lei tot onplesierigheid: My ouma het altyd gesê: “Na lekker lag kom lekker huil” (A. v. Straten: Gaatjie in die middel van die see, 1966, 131).

Uitdrukking:
Lag of jy betaal word
Betekenis:
Baie hartlik lag

Uitdrukking:
Lag soos ‘n boer met tandpyn
Betekenis:
Suus/Gedwonge lag
Waar kom dit vandaan?
Boere het lank gelede nie die geleentheid gehad om die tandarts gereeld te besoek nie (as daar ooit ‘n tandarts was) omdat hulle selde na die naaste dorp gegaan het. Hulle moes dus maar die tandpyn verdra het, wat dit moeilik gemaak het om vrolik te lag.

Uitdrukking:
Jou ‘n boggel (met ‘n skuifraam) lag
Betekenis:
Besonder lekker lag

Uitdrukking:
Wie (die) laaste lag, lag die lekkerste
Betekenis:
Dié wat laaste aan die beurt kom, het dikwels ‘n voordeel
Waar kom dit vandaan?
Dié wat voor die tyd lag, lag ontydig en sonder gronde; die wat laaste lag, is verheug oor die goeie uitkoms van hulle saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.