Uitdrukking: Aan die voete van Gamaliël sit

pottebakker_klei_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Uitdrukking:
Aan die voete van Gamaliël sit

Betekenis:
Onder ’n erkende leermeester studeer.

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking is ontleen aan die Bybel. In Handelinge 5:34 word Gamaliël beskryf as ʼn “leraar van die wet wat by die hele volk hoog in aansien was”. Hy was ook Paulus se leermeester (Handelinge 22:3).  

Bron: Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.