Uitdrukking: Die Kreti en die Pleti

Argieffoto (Foto: eak_kkk/Pixabay)

Uitdrukking:
Die Kreti(e) en die Pleti(e).

Betekenis:
Die hele spul, gepeupel of groot massa.

Waar kom dit vandaan?
Die Kreti en die Pleti was die twee afdelings van die lyfwagte in diens van koning Dawid. Hulle was blykbaar huursoldate, die Kreti van Kreta afkomstig en die Pleti van die Fillistyne – dus glad nie sulke onbelangrike janrappe soos in ons spreekwoord nie.

In Hebreeus beteken Kreti ‘uitroei, doodmaak’ en Pleti ‘ontvlug, weghardloop’. Dit is egter onduidelik of die benaming van koning Dawid se lyfwagte hiervan afgelei is.

Bron: Spreekwoorde en ander segswyses, Met een voet in die Bybel

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gawie ·

Volgens die 2020 vertaling van die Bybel, Jeremia 47:4 “oor die dag wat kom om al die Filistyne te verdelg, om elke helper van Tirus en Sidon wat oorbly uit te roei.
Ja, die HERE verdelg die Filistyne, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.”
Onferaan die bladsy verduidelik dit dan “die eiland Kaftor: Kreta, vaarvandaan die Filistyne gekom het.”
So dus het die Kreti en die Pleti van Kreta af gekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.