Uitdrukking: Iemand se eweknie wees

Argieffoto (Foto: Hans Braxmeier/Pixabay)

Uitdrukking:
iemand se eweknie wees

Betekenis:
iemand se gelyke in ʼn vak of betrekking wees

Waar kom dit vandaan?
In verskeie Germaanse tale kom die woorde knie en geslag ooreen. Oorspronklik is ʼn eweknie dan iemand wat met betrekking tot iemand anders ewe ver van die stamvader in die geslagsregister verwyder is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae