Uitdrukking: In die tredmeule loop

Argieffoto. (Foto: Ben White/Unsplash)

Uitdrukking:
In die tredmeule loop

Betekenis:
Sieldodende werk verrig

Waar kom dit vandaan?
ʼn Tredmeule is ʼn meule wat deur ʼn mens of dier aangedryf word. Dit bestaan uit ʼn groot rat waaraan daar ʼn plank vasgemaak is wat dan deur die mens of dier al in die rondte gestoot moet word. Dit is ook as ʼn straftoestel gebruik: As die veroordeelde nie loop nie, kon die momentum die plank aandryf wat hom teen die kop kon tref.      

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.