Uitdrukkking:
Op die keper beskou
Betekenis:
Noukeurig beskou
Waar kom dit vandaan?
Vir die wewer is die keper die kettingskering met die inslag. As ‘n mens die grofheid of fynheid van die weefsel, byvoorbeeld ‘n laken, wil bepaal, druk ‘n mens die wollige deel waarmee die basis van die weefsel bedek is teen die draad in en terug en dit wys hoe fyn of grof die keper is.
Die bespreking van idiome is oor die algemeen interessant, maar hierdie een is onbevredigend. Wat beteken “kettingskering met die inslag”? Dit het op sigself ‘n bespreking nodig.