Uitdrukking:
Soos dit reil en seil.
Betekenis:
Met alles wat daar by is.
Waar kom dit vandaan?
Die oorspronklike skeepvaartterm in Nederlands was zoals het rijdt en zeilt. Met rijdt is bedoel “voor anker lê en deur die golwe op en neer geslinger word”. Zeilt het beteken “soos wat die skip vaar, met alles daarop en daarin”. Die verandering van rijdt na reilt is die drang om te rym, soos ons ook het in praatjies vul geen gaatjies, in plaas van die oorspronklike praatjies vul geen sakke.
Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red