Uitdrukking: Van hawer tot gort ken

Argieffoto (Foto: 2Photo Pots/Unsplash)

Uitdrukking:
Van hawer tot gort ken

Betekenis:
Deur en deur tot in die fynste besonderhede ken

Waar kom dit vandaan?
In die Middeleeue was die uitdrukking iemand kennen van aver tot aver, dit wil sê ‘iemand van een voorouer tot ʼn ander ken’. Toe die woord aver as selfstandige naamwoord verdwyn het, het die uitdrukking onbegryplik geword en is dit in die volksmond vervang met van haver tot haver, haver tot gort.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fae Fubar ·

Baie interessant. Nog nooit van die spreekwoord gehoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.