Uitdrukking: witvoetjie soek

Argieffoto (Foto: Pezibear, Pixabay)

Uitdrukking:
witvoetjie soek

Betekenis:
vlei; inkruiperig wees; probeer om iemand se guns te wen

Waar kom dit vandaan?
Die inwoners van Aalst het in die 16e eeu bekend gestaan as witvoete omdat hulle, as beloning vir hul ewige trou aan die graaf van Vlaandere, nie nodig gehad het om tolgeld te betaal nie. Die Nederlandse uitdrukking, een wit voetje hebben bij iemand was reeds sedert die 16e eeu bekend, na aanleiding van die gebruik om geen tolgeld vir perde met wit pote te vra nie. In Nederland en Vlaandere kon perde met wit pote tolvry op die paaie galop of selfs die stadspoorte vrylik binnegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.