Varsgebekkig: Sy praat ‘n dooie jakkels aan die draf

Het jy geweet?
Die uitdrukking “sy praat ‘n dooie jakkals aan die draf” verwys na die iemand wat baie vinnig praat. Dit is gehoor in die Merweville-omgewing.

Hierdie uitdrukking is ingestuur as deel van VivA se Varsgebek-inisiatief. Stuur jou onopgetekende woord of jou sêding en dit word dalk opgeteken vir die nageslag. VivA se Varsgebek-inisiatief verseker dat ons taalskatte nie verlore raak nie!

Stuur jou boodskap aan: [email protected]

*Varsgebekkig is ʼn projek van Maroela Media, Afrikaans.com en die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gollie ·

Laas keer wat julle daardie opgesit toe was die betekenis =iemand wat baie praat.nou is dit iemand wat te vinnig praat

Dries ·

Ek ken die uitdrukking van my kinderjare af gedurende die laat 1940’s in die toenmalige Suidwes-Afrika. Ek het twee niggies gehad wat ‘n dooie jakkals so aan die hardloop (nie draf nie) kon praat.

Nonnie ·

Die uitdrukking kom lang jare saam en in ons tyd was dit iemand wat aanmekaar geklets het. Daar was ook 1 wat loop sê het “Jy praat my dat my nate mee gee”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.