Taalgebruik: Die los en/of vas skryf van woorde

Argieffoto

Wonder jy partykeer oor die verskil tussen “alles behalwe” en “allesbehalwe”, “droë vrugte” en “droëvrugte”, of “in gedagte” en “ingedagte”?

Menige taalgebruiker trap soms klei wanneer dit by die los en/of vas skryf van woorde kom. Dié kwessie laat taalgebruikers veral kopkrap wanneer dit nie duidelik is of dit een of twee woorde moet wees nie.

Taaltoffie stel ondersoek in na die skryfwyse en betekenisse van ʼn paar woorde wat los en/of vas geskryf kan word.

LosVas
aan een (vir een)aaneen (aanhoudend)
aan mekaar (– – verknog wees)aanmekaar (dit reën –)
alles behalwe (hy eet – – die pampoen)allesbehalwe (volstrek nie)
al te (reeds te)alte (baie)
ander kant (aan die – –)anderkant (– die berge)
blou oog (ʼn oog wat blou is)blouoog (persoon; gekneusde oog)
by een (– – plek)byeen (tesame)
by mekaar (– – kuier)bymekaar (saam)
droë vrugte (vrugte wat nie sappig is nie)droëvrugte (gedroogde vrugte)
eerste klas (in die – – slaag)eersteklas (ʼn – kêrel; dit gaan –)
geel perske (ʼn perske wat geel is)geelperske (soort perske)
in gedagte (– – hou)ingedagte (afgetrokke)
net nou (slegs nou)netnou (sy was – hier; sy sal – kom)
so seer (so pynlik)soseer (in so ʼn mate)
wilde bees (ʼn bees wat wild is)wildebees (soort wildsbok)

Dié taalbrokkie is ʼn verkorte weergawe van die oorspronklike inligting wat in die nuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (11de omvattend herbewerkte uitgawe) gepubliseer is.
Uitgewer: Pharos
Prys: R490-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by 
Graffiti Boeke 

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.