Taalgebruik: Dieregeluide

Argieffoto (Foto: Skitterphoto/Pixabay)

Dieregeluide is werkwoorde wat ingespan word om die geluide wat diere maak te beskryf. Die woorde is dikwels ‘n nabootsing van die klank wat die diere uiter.

Byvoorbeeld:
Die voëls kwetter in die bome.
As die leeu brul, staan die wêreld stil en luister.

Nog voorbeelde:
‘n Aap blaf (babbel).
‘n Akkedis piep.
‘n Beer brom of grom.
‘n Bees bulk.
‘n Besie sing.
‘n Bobbejaan blaf of bôgom.
‘n Bok blêr, bê.
‘n Bul bulk of brul.
‘n By zoem of gons.
‘n By, brommer, vlieg of insekte – gons.
‘n Donkie balk.
‘n Duif koer, kir of roekoek.
‘n Eend kwaak of snater.
‘n Esel balk.
‘n Gans gaggel, snater of blaas.
‘n Haan kraai.
‘n Hen kekkel of kloek.
‘n Hiëna lag of huil.
‘n Hond blaf, tjank, kef, grom, knor of huil.
‘n Jakkals tjank of skree.
‘n Kalkoen koel-koel.
‘n Kanarie fluit.
‘n Kangaroe hoes.
‘n Kat miaau, spoeg, snor of spin.
‘n Katvis blaas.
‘n Kiewiet skree.
‘n Koei loei of bulk.
‘n Korhaan skreeu.
‘n Kraai of Raaf kras of krys.
‘n Kriek kriek of tjir.
‘n Kuiken piep.
‘n Lam blêr.
‘n Makou blaas.
‘n Muis piep.
‘n Meeu krys of gier.
‘n Olifant trompetter of ronk.
‘n Os bulk.
‘n Padda kwaak.
‘n Perd runnik.
‘n Ratel snuif.
‘n Renoster snork.
‘n Slang sis.
‘n Skaap blêr, bê.
Sonbesies sing of skree.
‘n Tier grom of brul.
‘n Uil roep, hoe-hoe of steun.
‘n Vark snork of knor.
‘n Vink kwetter.
‘n Volstruis brom.
‘n Wildegans gier.
‘n Wildsbok proes.
‘n Wolf huil.

Bron: Wikipedia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ChrisE ·

‘n Ander bekende plaasgeluid is, “Klim nou dadelik van daardie d…..se trekker af”
Of ‘n kruiwa – tjier tjier

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.