Taalgebruik: huis toe, werk toe

Argieffoto

Vraag: Is dit “huis toe” of “huistoe”?
Antwoord: Dit is altyd “huis toe”. “Huistoe” is altyd ‘n spelfout.

Volgens die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls word ʼn bywoordelike verbinding, bestaande uit ʼn selfstandige naamwoord (“huis”, “dorp”, “werk”) plus toe altyd los geskryf:
huis toe
dorp toe
werk toe
wildtuin toe
Kaap toe

Dieselfde geld bywoorde wat op -kant uitgaan plus toe, byvoorbeeld:
binnekant toe
buitekant toe
noordekant toe

ʼn Bywoordelike verbinding bestaande uit ʼn bywoord (“agter”, “binne”, “buite”) plus toe word egter altyd vas geskryf, byvoorbeeld:
agtertoe
binnetoe
boontoe
buitentoe
soontoe
vorentoe

Hierdie brokkie is gepubliseer in die boek: Afrikaanse Woordelys en Spelreëls
Uitgewer: Pharos
Prys: R455-00*
* Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.