Taalgebruik: visum

(Foto: pixabay)

Afrikaanssprekendes gebruik soms (verkeerdelik) die woord “visa” wanneer hulle eintlik “visum” bedoel. In Engels word die woord “visa” as die enkelvoud vir die Afrikaanse “visum” gebruik.

Jy sal dus van ʼn visumaansoek, visumkantoor of visumvorm praat wanneer jy net vir een reisdokument aansoek doen.

“Visa” in Afrikaans is die meervoud van “visum” en kan dus net in die konteks gebruik word waar meer as een visum ter sprake is.

visum s.nw. [visumof visa]
Amptelike stempel in ʼn paspoort as bewys dat dit gesien en in orde gevind is om aan die houer daarvan verlof te verleen om sekere lande daarin gespesifiseer, te besoek: visums aanvra om vyf lande te besoek • toegang tot ʼn land geweier word omdat jy nie ʼn visum het nie.

Bron: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gawie ·

Nog ‘n algemene fout wat gemaak word deur mense is met antibiotika, wat die meervoud is. Antibiotikum is die enkelvoud.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.