Taaltoffie: “free-range”

Argieffoto (Foto; danielsfotowelt/Pixabay)

As vertaling vir “free-range”, die supermarketiket op vleis van diere wat nie hulle lewe lank op stal gestaan het en vet gevoer is voordat hulle geslag is nie, kry ʼn mens met ʼn soektog op die internet ʼn redelike aantal trefslae van vrywei-, byvoorbeeld vryweibeeste en vryweiskaapvleis.

Dit is ʼn knap vertaling en lê maklik op die tong, aangesien dit kort is én assoneer. Dié term deug egter nie vir hoenders en eiers wat nié van ʼn battery kom nie, want hoenders wei nie eintlik nie. Hulle skrop en pik.

Die vertalings vir “free-range chicken” en “free-range eggs”, wat reeds inslag gevind het, is skrophoender en werfeiers. ʼn Hoender wat kan skrop, is waarlik vry, en werf- roep boonop die konnotasie van ʼn outydse plaas op.

Slim!

Bron: Die tale wat ons praat – taaldinge uit die gewilde radioprogram
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Salomé Malherbe ·

Rondloperhoenders
Loskophoenders
Vrygeeshoenders
Vrylopers

Baardbek ·

Goeiemôre Salomé, en ander lesers.
Afikaans is inderdaad ons taal!! En ons, dis nou ek en my gesin, is BAIE trots daarop!
Tog is daar deesdae dinge wat erg krap. So, by voorbeeld, is ons van mening dat al die bogemelde beskrywings vir “vry lopende hoenders”, heeltemaal aanvaarbaar is as Afikaanse woorde/beskrywings. Dit is nie bloot “leen-terme” van ander tale nie!
As voorbeeld van ‘n woord wat deesdae klaarblyklik aanvaar word, en selfs in die woordeboeke opgeteken word, maar wat GRENSLOOS IRRETEER, kan “sibbe” vermeld word.!! Watter PATETIESE word is dit tog nie!
Jammer, maar die argument dat enige taal “lewend” is, en derhalwe moet aanpas by nuwe tegnologie en ontwikkeling, hou eenvoudig nie water in sodanige gevalle nie! Waarom kan daar nie ‘n EG AFRIKAANSE word hiervoor, en andere voorbeelde, geskep word nie?
“Bestuur” ons nie op hierdie wyse ons lifelike taal in die moeras van ontkenning en vergetelheid in nie??
“Ik heb gesegt!”

Rick ·

Hoekom nie net plaashoenders en plaaseiers nie ? Ons weet mos die vee loop oor die algemeen vry rond (wei) op die plaas of in ‘n afgekampte gebied. Ons is besig om Afrikaans moeiliker te maak as wat regtig nodig is.

Vrylopende / hoenders/beeste/skape ens. ·

Vrylopende /beeste/skape/hoenders ens.

ne ·

Weet die mense regtig wat eet hoenders wat vry rondloop op ‘n plaas? In die mis van die ander diere is daar larwes wat vir hoender se kind koningskos is. Klink dit die geld werd wat jy vir Free-range betaal?

Daan Erasmus ·

Die werf hoender benaming word misbruik. Verskriklik. Al wat dit in die praktyk beteken is dat lê henne nie in hokke is nie. Die loop plek vir die hoenders is kaal grond. Niks groei daar nie. Dit is nie regtig hierdie idilliese plaas werf nie.

Hans ·

Vryloop hoenders staan onder die locals bekend as ‘Hardbodys’

Dirk Byker ·

Die Nederlandse woord is “scharrel” eiers, hoenders, ens. Die Afrikaanse “skarrel” kan net so gebruik word.

Jens ·

Scharrel in Nederlands is egter nie die vertaling van “free range” nie. Die sou “vrije uitloop” moet wees, soos ons dit vind op die eiers in Nederland kan lees. Bek nie lekker nie maar is wel wat dit is, dink ek. :)

Ierse Boer ·

Pa (wat ‘n Ier was) het gepraat van skrophoenders en weglê eiers gepraat. Óf hy dit so by my Afrikaner ouma en oupa (boere) geleer het, weet ek nie.

Karolis ·

Die groenies sal seker hou van groenhoenders en groeneiers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.