Taaltoffie: ‘be in two minds’

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire/Pixabay)

Die Afrikaanse vertaling vir be in two minds is “op twee gedagtes hink”, en dit beteken om te twyfel wat om te doen.

Dit is ontleen aan die Bybel uit 1 Konings 18:21: “Elia het voor die hele volk gaan staan en gesê: ‘Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hóm; maar as dit Baäl is, volg hóm’.”

Hink is van die Nederlandse woord hinken afgelei, en dit is om kreupel te loop asof die een been korter as die ander is. Dus eintlik na die een kant en dan na die ander kant in jou verbeelding oorleun soos iemand wat hink.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), Spreekwoorde en ander segswyses    

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.