Woord:
blaasbalk
Betekenis:
1 werktuig wat deur samepersing lug uitblaas, bv. om ’n vuur aan te stook.
2 (figuurlik) grootprater.
Waar kom dit vandaan?
Betekenis 1 kom uit die Nederlandse “blaasbalk”, wat ‘n vroeëre vorm van “blaasbalg” (al Middelnederlands) is, met die laasgenoemde wat ‘n samestelling is van “blaas“ (blaas) en “balg” (leersak).
Betekenis 2 het in Afrikaans self ontwikkel deurdat ‘n grootprater of windmaker se praatjies net lug is wat deur sy mond stroom sonder enige inhoud of waarheid daarin. Eerste optekening in Afrikaans by Mansvelt (1884).
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
dankie vir al die inligting wat aangegee word met datums van ontstaan, veral in afrikaans