Woord: boeretroos

Argieffoto (Foto: David Mark/Pixabay)

Woord:
boeretroos

Betekenis:
Koffie, veral moerkoffie.

Waar kom dit vandaan?
Samestelling van boere en troos, so genoem vanweë die groot voorliefde van die boere toe en tans vir koffie. Die troos, eerder ʼn gevoel van versterking, lê waarskynlik in die stimulerende effek van kaffeïen, ʼn wesenlike bestanddeel van koffie.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.