Woord: haaihoei

Argieffoto (Foto: El Caminante/Pixabay)

Woord:
haaihoei (ook hoeihaai of hoehaai) (geselstrant)

Betekenis:
Geraas, lawaai, ophef of gedoente: ʼn Hele haaihoei oor ʼn kleinigheid. Wat se haaihoei is dit hier in die kamer? ʼn Haaihoei maak (lawaai), gehaaihoei.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands haaihoei en ʼn metatesis, die verandering van ‘n woord in ‘n ander een deur die omruiling van letters, van hoeihaai. Moontlik onder invloed van die Maleise hai-hoewi wat “arbeid, groep of moeite” beteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.