Woord: karnuffel

Argieffoto. (Foto: White77/Pixabay)

Woord:
karnuffel (ook soms kernuffel)

Betekenis:
1 Met stampe, vuishoue, byte, ensovoorts te lyf gaan.
2 Spelenderwys pla deur te knyp, te kielie, vas te druk, ensovoorts.
3 Hardhandig behandel of laat swaarkry.

Waar kom dit vandaan?
Betekenis 1 is uit die Nederlandse karnuffelen (1701 – 1800) afgelei. Betekenis 2 en 3 het in Afrikaans self ontwikkel. Eerste optekening in Afrikaans by Pannevis (1880). Die Duitse woord hiervoor is karnöffeln.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.