Woord: komkommer

Argieffoto (Foto: Kai Reschke/Pixabay)

Woord:
komkommer

Betekenis:
langwerpige, silindriese groentesoort (Cucumis sativus) met ’n donkergroen skil en liggroen binneste, gewoonlik rou in slaai geëet: ◊ Plesier is nes ’n jong komkommer: / As jy hom pluk, verlep hy sommer (F.W. Reitz).

Uitdrukkings:

  • Ek is komkommer, druk op my nommer, dan kom ek sommer.
    – Gesê van iemand wat lewendig van aard is, wat gou op iets reageer
  • Hy dra sy komkommer alleen.
    – Hy aanvaar sy eie verantwoordelikhede.
  • Sy is so koel soos ‘n komkommer.
    – Sy is baie kalm en glad nie ontsteld nie.
  • Plesier is nes ‘n jong komkommer; as jy hom pluk, verlep hy sommer.
    – Vroeg ryp, vroeg rot.
  • Dit was sommer-sommer, verlepte komkommer.
    – Dit was oninteressant.
  • Hy probeer my ‘n kalbas vir ‘n komkommer gee.
    – Hy probeer my mislei.
  • Hy is so dood soos gekookte komkommer.
    – Hy is morsdood.
  • Sy lyk so vars soos ‘n groen komkommer.
    – Sy lyk vars en fris.
  • Hy saai daar komkommers.
    – Hy is verlief op ‘n meisie daar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bloudrom ·

Ek wonder of van die uitdrukkings nie tydens die skryf van die artikel uitgedink is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.