Woord: kruim

Argieffoto (Foto: Przemyslaw Gawor/Pixabay)

Woord:
kruim

Betekenis:
Dit is die binneste, sagte deel van ʼn brood of soortgelyke gebak, word onderskei van die kors. ʼn Mens sal byvoorbeeld dus na ʼn kruimtoebroodjie kan verwys wanneer al die korsies afgesny is.

“Kruim” is ʼn argaïese vorm van “krummel” en word nie algemeen gebruik nie. Die woord kom meer algemeen in Afrikaanse kontreitaal voor in Namakwaland, die Sandveld, die Kaapprovinsie, Richmond en die Wes-Transvaal.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.