Woord: origens

Argieffoto (Foto: Ronile/Pixabay)

Woord:
origens

Betekenis:
1 vir die res; andersins; verder: Hy is opvlieënd van geaardheid, maar origens ʼn gawe kêrel. • Ek dink ons het alles bespreek; origens moet jy maar self jou weg vind.
2 trouens: Dit kan my origens min skeel.

Waar kom dit vandaan?
Uit Ndl. overigens (1735). Die WNT meen dat Ndl. overigens eers in die 19de eeu in navolging van D. übrigens in gebruik gekom het, en die oudste sitaat wat daarin aangebied word, dateer uit 1844. Scholtz (1972: 153) gee egter ʼn aanhaling uit ʼn Ndl. bron van 1787, en uit Kaapse bronne van 1735, 1771 en 1776. Hoewel die sitaat van 1735 uit ʼn stuk van ʼn D. stamvader kom, lyk dit vir hom of overigens toe al in Ndl. in gebruik was.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scholtz ·

‘n Uiters handige woordjie om ‘n ander – soms teenstrydige – kant van die onderwerp te vermeld, toe te lig of die aandag op te vestig, sodat ‘n beter geheelbeeld – en dus groter insig – van die onderwerp verkry kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.