Woord: Paasfees

Argieffoto. (Foto: Pixabay)

Woord:
Paasfees

Betekenis:
Paasfees is prominente viering in beide die Christelike en Joodse gelowe. In die Christendom word die opstanding van Jesus Christus herdenk, en dit is gewoonlik op die eerste Sondag ná die eerste volmaan op of ná 21 Maart.

In die Joodse geloof word die uittog van die Israeliete uit Egipte tydens Paasfees, ook bekend as Pasga, gevier. Dié viering duur sewe of agt dae, en dit gaan gepaard met die eet van ongesuurde brood en ʼn paaslam wat geslag word.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) en Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.