Woord:
paddaslagter
Betekenis:
Stomp, ondoeltreffende mes.
Waar kom dit vandaan?
Samestellende afleiding met –er van “padda” en “slag”. Waarskynlik só genoem omdat die mes so stomp is dat dit nie eens ‘n padda kan afslag nie of die mes slegs geskik is om ‘n padda mee af te slag aangesien ‘n padda sag is. Dit is moontlik dat die Maleise parang, wat “groot kapmes” beteken, en slagter deur volksetimologie paddaslagter geword het. Eerste optekening in Afrikaans by Mansvelt (1884).
Uitdrukking:
Met daardie ou paddaslagter sal jy nie iets regkry nie.
– Met die stomp mes sal jy dit nie regkry nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Die dame in die foto lyk opgewonde.
Ek is seker hierdie woord het ontstaan vandat Parrapot aan bewind gekom het