Woord:
piering
Betekenis:
vlak, ronde houer waarin ʼn koppie geplaas word
Waar kom dit vandaan?
Uit koloniale Ndl. piering (1670). Ndl. piering is ontleen aan Maleis pi(e)ring ‘bord, houer’. Vir Scholtz (1972: 156) ‘staan (dit) vas’ dat in vroeë Afr. piering nie uit of onder invloed van die slawetaal nie, maar direk uit die 17de-eeuse Indies-Ndl. handelstaal gekom het. Koppies, pierings en die teedrinkgewoonte het direk uit die Ooste, en nie via Nederland, na die Kaap gekom.
Piering is as nuwe naam vir ʼn vroeëre onbekende artikel aan die Kaap ingevoer, en het nie Ndl. schotel ‘piering’, waarvan die oudste sitaat in die WNT in dié bet. eers uit 1720 dateer, verdring nie. Aan die Kaap kon kontak met die slawe die verbreidheid van die woord bestendig het terwyl dit in Ndl. in dié bet. onbekend is, en daarom deur Changuion (1844), Pannevis (1880), Leibbrandt (1882) en Mansvelt (1884) vermeld word.
Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red
En die heeltyd dag ek dat dit verwys na vlieënde piering.