Woord: verfomfaai

Argieffoto (Foto: Timothy Eberly/Unsplash)

Woord:
verfomfaai

Betekenis:
1 slordig maak; verfrommel; verkreukel: Die hoed het my hare verfomfaai. • Sy baadjie sien daar verfomfaaid uit.
2 deurmekaar maak; in wanorde bring; befomfaai; befonkfaai: Nou verfomfaai jy my hele voorstel met jou lawwe opmerkings. • Met sy onnoselheid het hy die hele saak verfomfaai.

Waar kom dit vandaan?
In bet. 1 uit Ndl. verfomfaaien (1710). Bet. 2 het in Afr. self ontwikkel. Eerste optekening in Afr. by Pannevis (1880).

Ndl. verfomfaaien uit Nieunederduits of Nieuhoogduits verfumfeien beteken “jou geld of tyd ligsinnig deurbring”.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.