Woord: vergiettes

Argieffoto (Foto: Malinbatmastar/Pixabay)

Woord:
vergiettes

Betekenis:
Kombuisskottel met gaatjies om groente skoon te spoel.

Waar kom dit vandaan?
Dikwels uitgespreek met ʼn verswakte slot-e sodat die klankwaarde van die eerste en die laaste e min of meer dieselfde is. ʼn Tes is ʼn erdevuurpot, of ʼn houertjie waarin gloeiende kole gehou kan word. In die ou dae is ʼn tessie kole onder die konfoor gesit om die koffie warm te hou. Tes kom van die Nederlandse “test”, wat ʼn erdepot is, en dit kom weer van die Latyn “testum” wat ‘erdepot’ beteken. ʼn Tessie moes uiteraard ʼn paar gate in hê om te verhoed dat die kole doodsmoor.

Vergiet is ʼn werkwoord wat van die grondwerkwoord giet gevorm is en wat, volgens die WNT, onder meer beteken het “(iets) opnieuw of anders gieten, hergieten.” In Afrikaans ken ons dit nog veral ten opsigte van bloed: onskuldige bloed vergiet; bloedvergieting.

ʼn Vergiettes is dus ʼn gaatjieshouer wat ʼn mens gebruik om water of vloeistof van kos af te dreineer.

Bron: HAT-Taalgids

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Menan ·

Nog nooit hierdie woord gebruik nie. Ons noem dit Kollander. Klaar en finish. Met ‘n “K” om dit Afrikaans te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.