Woord: verknorsing

Foto ter illustrasie. (Foto: Austin Pacheco/Unsplash)

Woord:
verknorsing

Betekenis:
Moeilike/onhanteerbare toestand waarin iemand verkeer/beland; moeilikheid; knyp; pekel; penarie; dilemma: Hy het al sy geld uitrinkink; nou sit hy in die verknorsing. • ʼn finansiële verknorsing • Hoe gaan ons uit die verknorsing kom? Help ons tog uit die verknorsing.

Waar kom dit vandaan?
Mntl. uit Ndl., gewestelik in Groningen, N.Holland, Zeeland en Limburg in die vorm verknoezen (1687) ‘ly, verdra, bederf’ of uit gewestelike Ndl. verknoersen (1900) ‘verdra, bederf’. Eerste optekening in Afr. by Changuion (1844).

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)  

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.