Woord: wisselruitery

Argieffoto (Foto: Alexas Fotos/Pixabay)

Woord:
wisselruitery

Betekenis:
Bedrieglike werkswyse om met tjeks en geldwissels tydelik kapitaal te kry deur onder meer met ’n vooruitgedateerde wissel as waarborg geld te leen en telkens ’n ander vooruitgedateerde een in sy plek aan te bied.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands wisselruiterij (1824), ʼn samestellende afleiding met -ij van wissel (‘wissel’) en ruiter (‘straatrower, swendelaar’). Só genoem omdat die wissels deur swendelaars gebruik is, en omdat die wissels ook as postruiters (‘posryers, posbodes te perd of met koets’) bekend gestaan het. Dié benaming het deur metonimia ontwikkel omdat die watermerk in die papier waarop wissels getrek is, ‘n posryer of posbode uitgebeeld het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.