Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit en Maroela Media het onlangs die wenners aangewys van die Winterskool 2018-skryfkompetisie.
Die wenners was:
Verhale: Lydia Gittens met Dooie honde byt nie
Rubrieke: Sarie Marais-Nell met Katie se koppie
Gedigte: Olga Leonard met Erf (ook met inagneming van Kanker en Slaapliedjie vir ’n stilgeboorte)
As wenprys is elk van die kategoriewenners kwytgeskeld van die inskrywingsfooi vir die ATKV-Skryfskool se Winterskool 2018, wat in Junie aan die NWU-kampus te Potchefstroom aangebied is. Maroela Media het ook die wenners se verblyfkoste vir die kursustydperk gedek.
Die drie wenners het ook die geleentheid gehad om, tydens die Winterskool, aan verder aan hul tekste te werk en dit te skaaf tot ʼn finale produk uiteindelik hier op Maroela Media gepubliseer kan word.
Hiermee die finale weergawe van haar gedig:
Erf
Deur Olga Leonard
in kaapstad arriveer ’n besending erfgoed:
1 skildery,
haar naam,
1 klavier,
haar faam,
1 boks silwerware,
en haar vroeggrys hare
blink reeds op my kop
haar blas vel handskoenpas my
ek verpak die fyn porselein
en die kort humeur
in die onderste laai
(haar trapleer het nie saamgekom nie)
sy omtrek my
ek, erflating
van haar afgedeelde huis
WOW!!!
Dis wónderlik en welverdiend! Baie geluk!