Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp

Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname. Lees meer hier.

Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet. Lees meer hier.

Don saam met sy pa Deon.

Daar word berig dat Don Steenkamp, wat Vrydagaand op die liggame van sy ouers en sussie afgekom het op hul plaas buite Griekwastad in die Noord-Kaap, ʼn prokureur en advokaat aangestel het wat wag op opdragte van hul kliënt.

OFM berig dat Don vir Stoffel de Jager van Kimberley as sy prokureur en Willem Coetzee as sy advokaat aangestel het. De Jager het aan OFM Nuus gesê hy wag vir opdragte van sy kliënt. Intussen word ‘n gedenkdiens Woensdag om 13:00 vir Don se 14-jarige sussie Marthella gehou in die saal van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein gehou. Don het op Goeie Vrydag op Marthella en sy ouers Deon en Christelle Steenkamp se liggame afgekom op hul plaas Naauwhoek. Lees meer hier.

Maroela Media het vroeër berig dat die polisie wag op die uitslae van forensiese- en nadoodse ondersoeke om moontlik ʼn verdagte te identifiseer in die moord op die Steenkamps. ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Hendrik Swart, het gesê dat hul Don terug na die plaashuis geneem het. Swart sê in die stadium word daar niks uit die huis vermis nie. Volgens die polisie het Don op ʼn .22 en ʼn .357 Magnum-rewolwer afgekom by die plaashek toe hy dorp toe gery het om die moorde aan te meld. Swart sê die vuurwapens behoort aan Deon en is vir ballistiese toetse gestuur. Swart sê die polisie sal moontlik ʼn verdagte kan identifiseer wanneer al die toetse afgehandel is.

'n Roudiens word Woensdag vir Marthella gehou.

Christelle

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pierre Prinsloo ·

Indie bogaande artikel verwys dit na Marthella se roudiens as Woensdag en naas haar foto as Donderdag, wat is die korrekte dag?

Nico Strydom ·

Haai Pierre
Dit is vandag (Woensdag). Jammer vir die fout wat ingeglip het. Ons stel dit reg. Dankie vir die terugvoer. Vriendelike groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.