Jasmin Pretorius: Inwoners betuig meegevoel

Jasmin Pretorius

Jasmin Pretorius

Foto’s volg onderaan die berig. Inwoners van Brakpan het Sondag op ‘n versoek reageer om blomme te plaas voor die woonstelblok waaruit die vierjarige Jasmin Pretorius Saterdag verdwyn het.

Dié versoek is Saterdagaand, nadat Jasmin dood aangetref is, op sosialemedia-netwerke versprei. Jasmin het uit die Suenet-woonstelle in Brakpan verdwyn. Kol. Pailane, woordvoerder van die polisie, het Sondag aan Maroela Media bevestig ‘n familielid is in verband met haar dood in hegtenis geneem. Hy wou nie verdere besonderhede verskaf nie. Klik hier om meer te lees.

Een van Maroela se lesers, Eleanor Blom Dewet, het ‘n paar foto’s vir ons gestuur.

Blomme voor die woonstelblok

Blomme voor die woonstelblok Foto: Eleanor Blom Dewet

Blomme voor die woonstelblok

Blomme voor die woonstelblok Foto: Eleanor Blom Dewet

Blomme voor die woonstelblok Foto: Eleanor Blom Dewet

Blomme voor die woonstelblok Foto: Eleanor Blom Dewet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

GawieM ·

Wat se hel het hierdie pragtige kind nie deurgemaak nie? Ons gebede na haar familie en mag die oom se lewe vorentoe net hel wees.

Ria Maritz ·

Ai, wat hier gebeur het is sekerlik enige ouer se grootste, pynlikste hartseer – dan praat ek nie eers van waardeur hierdie pragmensie moes deurgaan nie.

Aan die moeder en naasbestaandes, binnekort word hierdie jasmyn-blommetjie begrawe, en haar plekkie in die gesin gaan altyd leeg wees.

Mag die mooiste herinneringe julle vergesel van ‘n kindjie wat vir so kort tydjie aan julle toevertrou was.

Peter Says ·

Hulle se…as jy lank genoeg bid SAL die gebede verhoor word. Ek bid baie hard vir die herinstelling van die doodstraf.

Justi ·

Jasmin moes letterlik deur hel gegaan het. Dit is verskriklik.
Wat weet so n kleine kindjie tog? Sy het daardie afskuwelike monster sekerlik vertrou.
Rus sag, Jasmin. Jesus hou jou styf vas.

Ria Maritz ·

Justi, buiten vir die verkragting en die moord op haar, ek sukkel net so met die gedagte dat die monster haar beentjies so gebreek het ten einde haar liggaampie in die wasmasjien te “prop” !

Groete (Trippie)

annie ·

In die woord van God se dit wat jy in My naam vra sal vir jou gegee word jy moet glo met jou hele hart siel en verserstand Vir die DOOD straf.laat die kindertjies. Na my toe kom en vir hinder hulle nie wat aan sulke behoord koningkruik. Aan die ouers mag God julle trane af vee en die hartseer ligter maak.Aan n pragtige meisietjie jy nou by ons Vader veilig in God se arms geen pyn of trane meer nie.

Dalene ·

Vanaand dink ek terug aan Sheldean Human, haar moordenaar is mos vermoor in die tronk? Hopelik gebeur dieselfde met hierdie monster! RIP Jasmin, sterkte vir jou mamma en pappa en familie

freddie ·

Gee die monster vir die gemeenskap. Meskien sal die regering dan besef genoeg is genoeg en dan die doodstraf terug bring. Wat het sy verdien om so te sterf. Mag hy n pynvolle dood sterf.

AmY ·

My hart is gebroke vir hierdie pragtige kind. Sy het hel deurgemaak, maar is nou op ‘n beter plek.

elsa vorster ·

Dit is tragies daar moet genade wees vir die persoon wat verantwoordelik is hy is in n sieklike brein vasgevang daar is geen verskoning vir hom nie wat staan nog genade

Hendrik ·

In watse moeilikheid sal ek kom as ek die Ou wat die onskuldige kindjie so wreed vermoor het, se Foto bekend maak aan die wereld sodat die werled kan sien hoe so siek gemeene persoon lyk. Ek is self van Brakpan af en het twee kinders waar een van n dogtertjie is, sulke skym hoort nie op die aarde nie……… sit met trane in my oe by die werk en te sien hoe mense saam staan teen sulke varke

Peter Says ·

Hendrik,

Ek glo groot moeilikheid my maat, die skuim het meer regte as wetsgehoorsame burgers, maar nietemin, ek voel presies nes jy. Sterkte daar in julle dorp.

Andrè de Villiers ·

Dit bly ñ tragiese insident. Drank en dwelms is moontlik die oorsaak. Mag ons Hemelse Vader die wonde genees.

eleen Blaeser ·

Wonder hoe haar pa haar by die broer van hom kon los? Waar was hy?

rene slabbert ·

Sterkte aan die familie

Jammer maar Bring die dood straf terug! Gee hom vir my dan wys ek jou wat ek met hom sal doen

malisa ·

my hart gaan regtig uit na klein Jasmin. dit is hartseer om te dink wat deur ha koppie moes gegaan het. so onslukdig!!! kan iemand my dalk help met wat gebeur het. ek verstaan nie lekker waar kom die wasmasjien in nie??

Cas ·

Ek het gelees hy het haar heeltyd probeer wegsteek toe druk hy haar lyfie in n wasmasjien.

Ilza ·

Ek self is ook van Brakpan en ekt ook ‘n dogtertjie van dieselfde ouderdom. Dis vir my as Mamma baie erg en ek kan nie myself Jasmin se Mamma se pyn indink nie. As ek nie vandag by die werk moes wees nie was ek ook definitief voor die hof. Ons moet saam staan mese van Brakpan nie alleen vir ons self nie maar vir ons onskuldige kinders!!

mary ·

ek hoop van harte dat ALMAL wat betrokke was aangekeer sal word. dit is net vir my snaaks hoe die man die kind kon uitvat en dood terug bring en niemand sien iets nie

Anneline Burger ·

Ek voel net dis nie regverdig teenoor kinders nie ek weet sy is nou op n beter plekkie sy is nou God se klein engelkie en ek hoop daai man se lewe sal hel wees net soos hy klein Jasmine se lewe vernietig het !

jacqueline ·

Hi hoe lyk die vark wat dit aan die pragtige kind gedoen het

Annemaré Nortier vd Merwe ·

As ek so na die foto kyk lyk die kindjie maar baie hartseer. Kinders van daai ouderdom lag mos vir kamera? Ek weet nie, dink net die ma is ook hopeloos te jonk om al haar 3de kind te verwag. Sy nog self ‘n kind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.