Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof

Die motor wat gebruik is in die sluipmoordaanval teen Radovan Krejcir

Die motor wat gebruik is in die sluipmoordaanval teen Radovan Krejcir

Brendan Harrison, wat daarvan beskuldig word dat hy betrokke was in ‘n komplot om die omstrede Tsjeggiese sakeman, Radovan Krejcir, te vermoor, het Vrydag vlugtig in die Germiston-landdroshof verskyn.

Harrison, wat voorheen vir Krejcir gewerk het, is in Augustus borgtog geweier nadat ondersoekbeamptes beweer het sy lewe sou in gevaar wees as hy nie in aanhouding was nie.

Die saak is tot 14 Oktober uitgestel sodat Harrison se regspan sy saak se dossier kan kry.

Maroela Media het in Augustus berig Harrison het vroeër by Krejcir se maatskappy in Bedfordview, Money Point Gold Exchange, gewerk. Harrison het gesê hy het glo kort nadat hy die werk gekry het, doodsdreigemente gekry en alle bande met Krejcir en sy vennote verbreek. Hy het toe die land verlaat en is na Swaziland om sy eie besigheid te begin. Harrison was op ʼn besigheidsbesoek in Suid-Afrika toe hy in hegtenis geneem is.

Harrison was ten tye van die bisarre sluipmoordaanval, wat mens aan ʼn James Bond-rolprent laat dink, in aanhouding. Krejcir is op 24 Julie in ʼn parkeerterrein in Bedfordview aangeval. Skote is van 12 geweerlope gevuur wat agter die nommerplaat van ʼn rooi Volkswagen Polo versteek is. Krejcir het gesê hy het aanvanklik gedink dit is klappers wat geskiet word, totdat hy gesien het sy koeëlvaste Mercedes Benz is vol gate geskiet. Klik hier vir foto’s van die voorval.

Lees ook:
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.