Man op PE-kleinhoewe vermoor

Johan van der Berg. Foto: Facebook

Johan van der Berg. Foto: Facebook

Johan van der Berg (54), ʼn afgetrede tegnikus en sakeman, is vermoedelik deur die loop van Vrydagaand op sy kleinhoewe in die Groenbossie-omgewing in Port-Elizabeth in die Oos-Kaap vermoor.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê Van der Berg se liggaam is deur sy eksvrou, wat in ʼn aparte huis op dieselfde kleinhoewe woon, gevind.

“Die vrou is omstreeks 08:15 na Van der Berg se huis om melk te leen toe sy op sy liggaam afgekom het,” het Van Rensburg gesê.

“Daar word vermoed dat ʼn onbekende aantal verdagtes Vrydagaand of vroeg Saterdagoggend toegang tot sy huis verkry het deur die agterdeur oop te dwing.”

Hy is vermoedelik dood nadat hy met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is. Van der Berg se huis is geplunder en vuurwapens, ʼn televisie en DVD-speler is onder meer gesteel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Drieks ·

Zuma sing vir ons oorlogs liedjies terwyl 14000000 mense honger gaan slaap elke nag. Nou veroorsaak dit dat die brood verskafers vermoor word.

Danielle ·

Al wat ek kan sê dis verby met SA! Met die huidige regering wat aan bewind is, sal misdaad, geweld en korrupsie NIE tot ‘n einde kom nie. Nee wat, of jy moet maar jou tassies pak en in ‘n ander land gaan bly onder ‘n beter regering of jy moet maar hier bly en suffer! Gaan kyk bietjie na Obama se speech oor nou die dag se geskietery in Amerika. Gaan kyk hoe berou en jammer is hy oor hierdie tipe voorvalle…en hier sit ons, Zuma sê niks oor die vreeslike toenemende plaasmoorde nie en word nie eers op nasionale tv nuus uitgebeeld nie. Kyk hoe lyk ons parliament, ek kry so skaam, dat ander lande moet sien waste ape hierdie land moet dryf.

Dee ·

Obama het aangedring op ‘n hersiening van vuurwapenbeheer en jy wil hê Zuma moet agter hom aanpraat.

Jubas ·

Ten minute is Obama bestig met iets. Zuma is net besig om hom self te verryk. Hersien die vuurwapen beheer en maak die dra van onwettige wapen se straf strenger. En Moord, en ander misdade. Lande soos Australia en Amerika se misdaad syfers is dan so laag. Hoekom Kry hulle dit dan reg.

Winston ·

Dee. Dis net die wettige eienaars wat geteiken word. Hoe wil jy beheer oor onwettige wapens toepas? Dis te abstrak om verstaan te word deur hierdie regering. Kyk op papier hoeveel wettige wapens kan afgevat word. Ek sê weer: “Guns don’t kill people. People kill people.” Beheer die mense met swaarder strawwe en bring die doodstraf terug. Kyk na Botswana

jacques ·

Jubas daar is 8,5 trijoen dollar weg in USA by die pentegon,dit laat Zuma soos n babajie lyk as dit by skelm kom, hy kan darm n huis wys van die geld.Ek is nie n Zuma fan nie,maar ek sien nie n beter presedent, wat die kans sal kry om Zuma te vervang nie.My presedent is Putin , ek dink nie daar het al n beter presedent op die aarde geloop as hy nie.

jacques ·

En jy glo Oubama?hy is 1000 keer erger as Zuma jy sal verbaas wees as jy sien waarmee Oubama besig is agter die skerms.
Almal weet klaar wat ons voorland is,bid net en glo in die Here.Dis net n tydelike lewe die.

jacques ·

Ek sal n boek moet skryf om alles te noem.
Gaan kyk self die rede hoekom JF Kenedy vermoor is.Dan study jy al die presedente daarna tot Oubama en julle sal sien almal van hulle het dieselfde agenda,Gaan kyk of Obama enige van sy beloftes nagekom het,behalwe die een wat hy gese het hy gaan die USA verander.Die Amerikaners is net so magteloos soos ons hulle sien wat aangaan maar kan niks daaraan doen nie.
Gaan sit net een dag stil en kyk wat aangaan in die wereld,dit het nie perongeluk so geraak nie daars baie magtige mense wat al die elende veroorsaag in die wereld vandag.
Terwyl julle nog mag inliging kyk op internet doen dit julle sal stom geslaan wees.

Elsie ·

Ek weet die mense het ook deesdae min vertroue in die DA maar om die ANC van die kar af te gooi is dit wat ons moet doen. Stem DA! Die mense kla, is bekommerd, lewe in vrees en glo daar is nie ‘n toekoms meer vir ons nie maar kom stemdag …….. Dan kry jy wragtig mense wat nie stem nie?! Elkeen kan ‘n verskil maak en dis gewoonlik die wat kla en kerm wat nie sy kruis gaan maak nie. Word wakker mense! Jou kruisie kan ‘n verskil maak. Kan ons nie ook soos een man saamstaan en ons kruisie gaan trek nie???????

pop ·

Ja Daniella ons sal pak ons ons dit kon bekostig. Dis baie duur om ander land toe te gaan.

M ·

Ongelukkig het ons almal nie die kwalifikasies in aanvraag om te immigreer nie.

Elsie ·

Ek weet almal van ons het ons vertroue in die DA verloor maar as ons die ANC uit die kussings wil lig sal ons moet saamstaan en vir die DA stem. Die mense kla, is bekommerd en lewe in vrees maar hoeveel van ons gaan nie stem nie? Daar is baie wat dink hulle kruisie gaan geen verskil maak nie maar vir elkeen wat so redeneer is daar ‘n stem minder. JOU kruisie IS belangrik. Hoekom kan ons nie van die geleentheid gebruik maak en ons stem laat tel nie? Die meeste wat kla is die wat nie gaan stem nie. Laat ons saamstaan! Ons moet die moontlike doen, God sal vir ons die onmoontlike doen!!!

jenna ·

Ek is so gatvol vir mense soos Danielle se geteem oor hierdie holruggeryde storie van die land verlaat oor die “crime”.Ek ken hope mense wat ook hul tassies gepak het maar glo my..spoedig stert tussen die bene terug is!!En ja..ons het ok al onder “crime” deurgeloop.My man is 5 jaar terug geskiet in gewapende roof wat hom verlam gelaat het. Hy is 45 jaar oud,vir die res van sy lewe in n rolstoel gekluister ma ja die lewe gaan aan en ons sal nooit ons land verlaat nie!!!

Jan ·

Jy is ‘n sterk persoon, ń toonbeeld van hoe ń mens teenspoed kan oorkom.

Theresa ·

Ag dis jammer dat nog ‘n onskuldige mens wat jare en jare gewerk het om nou net rustig op sy plekkie te kon leef waarvoor hy betaal het, nou oorlede is. Ons tuiste het wild geword. Daar is nie woorde om die skuim se dade te beskryf nie.

Hannie ·

Donker,Donker Afrika, nader kruip die (en wat daarop volg) gedig uit my skool dae, lank gelede, en om die minste te sê ek is BANG vir hoe dit nou in die land gaan!!

Genis ·

Ek wonder hoe beïnvloed dit mense wat op plase en kleinhoewes woon om dag na dag hierdie soort berigte te lees. Julle is almal baie in my gedagtes vandag.

Winston ·

Dankie Genis. Ons slaap met ons gewere langs die bed en voel meer blootgestel as toe ek jare gelede op die grens gewerk en dikwels my gesin alleen tuis moes los

vermeende ·

Haal die man nog asem of nie, as hy nie meer asem haal nie dan is hy nie vermoedelik dood nie.
As die deur oop vorseer is en hy steekwonde het dan is al die tekens daar van gemene spel en ons kan aanvaar hy is vermoor en nie vermoedelik vermoor nie.
Maroela hou op om erge misdaat af tespoel met mooi woorde of vermoed die skrywer van die artiekel dat din e April grap kan wees.

Sune van Heerden ·

Dagsê Vermeende

Ons vra om verskoning as die berig dalk nie vir jou duidelik was nie.

“… is vermoedelik deur die loop van Vrydagaand…” – Die tyd van sy aanval en afsterwe is nog nie bevestig nie.
“…Daar word vermoed dat ʼn onbekende aantal verdagtes Vrydagaand of vroeg Saterdagoggend toegang tot sy huis verkry het deur die agterdeur oop te dwing…” – Dit is nog nie duidelik of dit wel die enigste manier is waarop sy aanvallers toegang tot sy huis bekom het nie en die tyd van sy aanval is ook nog nie bevestig nie.
“… Hy is vermoedelik dood nadat hy met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is…” Die nadoodse ondersoek sal bevestig of dit wel die oorsaak van dood is.

Maroela Media kan ongelukkig nie bewerings en aannames as feite publiseer nie.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johannes Meintjes ·

Terwyl daar wel steun is vir Solidariteit en AfriForum se Plan B, bly die potensiaal van aansluitende burgerlike beskermingsprosesse van bv. die GPF en buurtwagte gebrekkig. Te veel insette en aktiwiteite wat die paar vrywilligers moegmaak maar te min effektiewe uitsette en vrugte. O.a. word daar oor die radio onderling genoem dat misdadigers in bv. Kameeldrif (Oos) nou wapens ook het en meer manhaftige is, – maar die buurtwaglede “moet wakker wees maar mag nie skiet nie”!? As die terroris gewond sou word kry dit 5 ster noodbehandeling terwyl die burger of buurtwaglid nie by die noodgevalle kan inkom sonder ‘n reuse deposito en reuse mediese fonds. Nee wat, al (groot)praatende kul ons onsself of mekaar, en vorder ons al agteruit terwyl ons mense toenemend doodbloei en vermoor word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.